In die Tuli-blok in die suide van Botswana is mielieroomsop geen onbekende nie. Hierdie resep word op van die wildreservate bedien.
1 middelmatige ui
25 g botter
15 ml meelblom
450 ml warm melk
450 ml hoenderekstrak
1 blik geroomde suikermielies
selderysout
peper
60 ml room
Kap ui fyn en braai vir 5 minute in botter. Voeg meelblom by en kook vir n minuut of wat oor lae hitte. Roer gereeld.
Haal pot af en gooi die warm melk by terwyl mengsel geklop word. Sit pot terug op plaat en voeg ander bestanddele, behalwe die room, by.
Roer gereeld totdat dit begin kook. Stel hitte laer en voeg room by. Meng goed en verhit deeglik.
Opsioneel: Meng 10 ml brandewyn en 2 ml suiker en gooi in sop net voordat dit bedien word.